Local newsNews

‘n Warm winter vir kinders danksy NHK Midpark se kombers-projek

Twaalf komberse was aan die Rosemarie Kahn Kleuterskool as deel van die Nederduitsch Hervormde Kerk Midpark se Hoop Vir 'n Kind-projek oorhandig.

Danksy ‘n plaaslike kerk gaan talle kinders van Rosemarie Kahn Kleuterskool lekker snoesig warm wees die winter.

• Also read: Over 200 blankets donated to needy kids

Johannet Huyser en Chrissie Munnik van die Nederduitsch Hervormde Kerk Midpark het op 9 Junie 12 komberse aan die skool, as deel van die kerk se Hoop Vir ‘n Kind-projek, oorhandig.

Ons wil vir die gemeenskap iets terugee en ons het gedink om by die kinders te begin sodat ons vir elke kindjie wat koud kry ‘n warm kombers kan gee,” het Chrissie vertel.

Johannet Huyser, Juanèl Kleynhans, Amanda Viljoen en Chrissie Munnik met sommige van die komberse. Foto: Michelle Roodt.

Johannet het vertel dat die komberse ontvang is as donasies vanaf hul gemeente en ook die gemeenskap. Vroue van die gemeente het ook materiaal gekoop en komberse te maak.

• Lees ook: Rappies-leiers gee vir dié wat nie het nie

In totaal is 200 komberse bymekaar gemaak om te skenk waar dit nodig is.

Dit voel baie lekker en is ‘n voorreg om hierdie vir ander te kan doen,” het Johannet vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button