NewsSport

Randfontein oorrompel UJ met wegholsege

Die Randfontein Rugbyklub se eerste span het uiteindelik teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) te staan gekom – en ’n indrukwekkende wegholsege van 49–26 op hul tuisveld behaal. Die opwinding was tasbaar onder die skare toe die fluitjie vir afskop blaas.

Die Randfontein Rugbyklub se eerste span het uiteindelik teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) te staan gekom – en ’n indrukwekkende wegholsege van 49–26 op hul tuisveld behaal.

Die opwinding was tasbaar onder die skare toe die fluitjie vir afskop blaas. Randfontein het van die begin af met intensiteit en gestruktureerde spel vorendag gekom, en die besoekers van Johannesburg min ruimte gegee om asem te skep.

Rudi Marx skop die bal.

LEES MEER: Adelle blaas fluitjie op provinsiale vlak – en mik vir meer

Bennie Beyleveld, Mornè Piater en Michael Tolmay het elk ’n drie gedruk, terwyl Renaldo Visser en Wessel van Staden elk twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Janco Tiedt het met die skopskoen gesorg vir sewe suksesvolle doelskoppe.

Intussen het die vrouespan ook op die veld aksie gesien teen Zondi Rugbyklub.

Randfontein is as oorwinnaars aangewys met ’n telling van 28–0, nadat Zondi die wedstryd verbeur het. In die speltyd wat wel plaasgevind het, het Meisie Parrott ’n drie gedruk en Refilwe Mangope die daaropvolgende doelskop suksesvol oorgesit.

Die vrouespan se volgende kragmeting was op 7 Junie teen die heersende kampioene, Pirates, op hul tuisveld in Johannesburg.

Mornè Piater.

LEES MEER: Meer as 30 Rappies blink by ATKV-geleentheid

Die Randfontein Herald sal die uitslae van daardie wedstryd publiseer sodra dit beskikbaar is.

TEASER: Randfontein Rugbyklub se eerste span het uiteindelik UJ geklop tydens hul wedstryd terwyl die vrouespan Zondi oorheers het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button