Beroerte-slagoffer leef nou voluit
Danksy Chris Groenewald se uithouvermoë het hy homself weer geleer loop en om sy arm te gebruik al is daar destyds na 'n beroerte vir hom gesê dat dit onmoontlik was.
Jy weet nooit hoe geseën jy is totdat jy weer iets moet leer wat voorheen vir jou bekend was nie.
Dit het met Chris Groenewald, 68, gebeur wat al langer as twee jaar by Wings of Inspiration Elderly Care Centre woon. Chris het op 19 Mei 2007 ‘n beroerte gehad waarna hy nie kon loop nie en ook nie sy regterarm en regterhand kon gebruik nie.
Danksy sy uithouvermoë het hy homself weer geleer loop en om sy arm te gebruik al is daar destyds vir hom gesê dat dit onmoontlik was.
Vandag kan Chris die kuns doen waarvoor hy lief is.
Ek kan weer goed vashou; dit is nog nie 100% nie maar ek werk daaraan.”
Hy het vertel dat hy fantasties voel. “Ek het nie gedink ek sou op hierdie ouderdom weer hierdie dinge kon doen nie, maar hier is ek.”
Kuns is vir hom terapie, en dit is wanneer hy stil raak. “Die Bybel sê jy moet stilraak voor die Here en hy sal vir jou alles doen. Kuns is my stiltetyd.”
Hy het boonop binne ses maande 50kg gewig verloor. Hy het verduidelik dat ‘n mens nooit moet tou opgooi nie en net moet aanhou.
Chris is baie dankbaar en trots op dit wat hy reeds kon regkry.




