Local news

Bekende gesig in motorfietskringe oorlede

'Jan Hare' Scheepers, wat bekend is onder motorfietsryers en die gemeenskap is op die ouderdom van 69 oorlede.

Jan Scheepers, beter bekend in die dorp as Jan Hare van Bike Den, is op Woensdag, 25 Januarie in die ouderdom van 69 oorlede.

Sy dogter Bea Scheepers Dallas het aan die Herald bevestig dat haar pa weens ‘n hartaanval gesterf het.

Jan se begrafnis het by die Maranata Aanbiddings-sentrum op ‘n reënerige Donderdag, 9 Februarie plaasgevind. Hy was ter ruste gelê by die Greenhills-begraafplaas.

Sy dogter het vertel dat dit ‘n intieme begrafnis was saam met mense wat geweldig vir haar pa omgegee het.

My pa was die eienaar van Bike Den vanaf die vroeë 1980’s in Randfontein wat oorkant die Central Hotel was en het elke jaar by die Randfontein Skou uitgestal.”

Jan was ook die nasionale president van die Road Warriors-motofietsklub vir ongeveer 40 jaar.

“My pa was ‘n man met ‘n goeie hart, hy het nooit neer gekyk op niemand, en altyd almal gehelp. Hy het altyd ‘n plan gemaak en was altyd daar vir almal en alles. Motorfietsry was sy lewe en hy het altyd leiding geneem.”

Jan los sy dogter Bea en seun Albert agter en is verenig met sy oudste seun Jan Scheepers.

Hy is in die Greenhills-begraafplaas op Donderdag, 9 Februarie begrawe. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button