Local news

Heldhaftige pogings om rondloperhond te red net-net te min

Al was die brandmaer rondloperhond van sy wal-dood gered, was dit ongelukkig reeds te laat.

Die reddingspoging van twee brawe Dierebeskermingsvereniging (DBV) werkers het ongelukkig nie ‘n goeie einde vir ‘n brandmaer ronderloperhond in gehad nie.

“Ons was in kennis gestel dat daar ‘n hond by die perseel aangekom het. Haar maag was verskriklik geswel en sy het nie baie goed gelyk nie. Dit het voorgekom of daar ‘n oop wond is,” verduidelik bestuurder van die DBV, Naomi de Beer wie op Dinsdag, 25 April deur iemand in Aureus gekontak is oor ‘n verwaarloosde hond in ‘n verswakte toestand.

Naomi en ‘n DBV vrywilliger Zethu Ntuli het uitgegaan om die hond te help maar toe hulle daar opdaag, is die hond reeds by die bosse in en by ‘n wal af.

Daar was net knapsekêrels en rangplante oral en die wal was ook nie instand gehou nie. Toe Naomi by die wal afkyk sien sy toe die hond net daaronder lê. Sy besluit toe om by die hond uit te kom.

Die hond in die wal. Foto ingestuur.

Lees ook: Randwes DBV pluk die vrugte van hul fondsinsameling

“Toe ek onder kom lê sy net en knor vir my. Dit is toe dat ek by haar sit en saggies met haar praat. Ek het ook laat sy aan my ruik. Sy het toegelaat dat ek haar vryf en optel maar toe ek haar optel het ek gedink, hoe kom ek terug na bo met haar in my arms?”

Zethu het aan ‘n boomtak aan die bokant van die wal gehang en Naomi met die hond, in haar arms, help optrek want dit was verskriklik modderig. Daar was ook baie blare en die hond se pote het intussen ook heeltyd vasgehak aan die wal. Hul het die hond uiteindelik bo en toe in die bakkie gekry.

Naomi de Beer saam met die hond wat gered was. Foto ingestuur.

Lees ook: DBV stel nuwe bestuurder voor

“Sy het net daar gelê en basies opgegee. Jy kon dit sommer sien. Toe sy in die bakkie gelaai is het ons ook opgemerk dat sy ‘n sny op een van haar borste opgedoen het. Dit was nie baie mooi nie en daar was maaiers binne in. Sy was ook brandmaer.”

Daar was ongelukkig niks wat hulle vir haar kon doen nie en moes die hond uitsit. Sy het ook nie ‘n mikroskyfie gehad nie.

“Die eerste ding wat ons doen sodra ‘n hond in kom is om te skandeer vir ‘n mikroskyfie. As daar dan niks is nie, kyk ons in die lêer waar honde dalk vermis of gevind is. Die hond word dan ingeteken. Rondloperhonde word sewe dae gehou voordat hulle beskikbaar gestel word vir aanneming.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button