Local newsSchools

Nuwe klaskamer in die buitelug vir RAM

Die leiers van die afgelope drie jaar het almal saam gewerk aan die projek.

Laerskool Randfontein het op Vrydag, 12 Mei hul nuwe buitelugklaskamer ingehuldig.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan, ook een van die leierouerkomitee voorsitters en wie die projek gedryf het, vertel dat hul skool se hoofseuns en -dogters van 2021, 2022 en 2023 die klaskamer aan skoolhoof Leon Haupt oorhandig het. Die hoofleiers van die afgelope drie jaar het ook die seremoniële rooi lint geknip.

“Die leierskorps van die laaste drie jaar het almal saam gewerk aan die projek. Daar is ywerig gewerk om fondse in te samel,” het Annie vertel.

Sy en Sonet Lombaard het as leierouerkomitee voorsitters die projek gedryf.

Annie het vertel dat sy al jare die droom het van ‘n buitelugklaskamer waar onderwysers leerders kan neem vir meer praktiese lesse. Die klaskamer het nie mure of deure nie en het ‘n wasbak, werkblad, swartbord en buite banke.

Die hoofleiers besig om die lint te knip. Foto: Annie Nolan.

“Dit is ideaal vir enige praktiese les van Wetenskapeksperimente tot Kuns en Drama-opvoerings. Leerders het die geleentheid om buite in die natuur te wees. Die klaskamer is so ontwerp sodat dit maklik skoon maak en kan deur enige ouderdom en enige klas gebruik word.”

Hoofleiers van 2022, Nadine Scheepers en Heinrich Obermeyer saam met Leon Haupt. Foto: Annie Nolan.

Skoolhoof Leon Haupt is baie opgewonde oor die projek en sien baie gebruike vir die klaskamer en is dankbaar vir die harde werk en deursettingsvermoë van die laaste drie jaar se leierouerkomitees.

Annie Nolan en Sonet Lombaard, leierouerkomitee voorsitters wat die projek gedryf het. Foto ingestuur.

“Hierdie is ‘n geskenk aan die skool wat nog vir baie jare gebruik gaan word. Die leerders wat op die verskillende leierkorps gedien het, het tydens konstruksie die geleenheid gekry om hul name in die nat sement te skryf en dit het elke leier laat voel dat hul iets spesiaals agterlaat by die laerskool,” het Annie gesê.

Leon Haupt saam met hoofleiers van 2023 Micheal Lombaard en Carmi Potgieter.

Sy het vertel dat die buitelugklaskamer se bord geskenk en opgesit is deur Aloe Signs en die onderwysers kan nie wag om hierdie unieke klaskamer te gebruik nie.

Hoofleiers van 2021, Minette Lombaard en Dian Taljaard wys waar hul, hul name op die muur geskryf het. Foto: Annie Nolan.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button