Local news
R’fontein maak hul harte oop vir DBV, byna R5k ingesamel
In totaal het die plaaslike DBV R4 571.90 ingesamel en is hulle baie dankbaar.
Die Rand-Wes DBV het onlangs ‘n fondsinsameling vir hul takke in Westonaria en Randfontein gehou.
Voorsitter Brenda Eloff het vertel dat hul worsbroodjies by die Randgate Apteek verkoop het wat teen 10:30 heeltemal uitverkoop is.
“Ons wil net baie dankie sê aan die apteek wat ons altyd ondersteun.”
Ander lede van die DBV het by Tambotie Mall gaan blikskud.
“Almal het soveel pret gehad en die oggend vreeslik geniet.”
Hulle wou ook hul dankbaarheid uitspreek teenoor die publiek wat gereeld hul harte oopmaak en die diere ondersteun.
In totaal het die DBV R4 571.90 ingesamel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



