Local newsSchool sport

Riebeeckrand-leerder een van die beste skuts in die wêreld

Hoërskool Riebeeckrand se Rikus Thiart is een van die top 10 skutte in die wêreld.

Van boogskiet kan jy Hoërskool Riebeeckrand se Rikus Thiart niks leer nie.

Die graad 11-leerder het einde verlede maand beïndruk deur sy land tydens die Africa Genesis Archery South Africa (AGA-SA) boogskiettoernooi in Limpopo te verteenwoordig en het omtrent uitgeblink met tellings van 288, 286 en 290 uit 300.

Algeheel het die jong ‘Robin Hood’ ‘n sewende plek verower uit die 16 beste skuts in die wêreld.

“Ons is in ons noppies en ons wil graag vir Rikus baie geluk wens met sy uitmuntende prestasie,” het skoolwoordvoerder Carina Collins gesê.

Volgens Carina het Suid-Afrika ook algeheel die eerste plek verower en veral die ‘3D’-afdeling gedomineer. Rikus is boonop ook opgeneem in die Wêreld Federasie-span.

Related Articles

 
Back to top button