Riebeeckrand-krieketdogters bring die bekers huis toe!
Riebeeckrand se eerste span krieketmeisies het talle prestasies behaal die afgelope seisoen.
Hoërskool Riebeeckrand spog graag met hul meisies krieketspan nadat hulle as ligawenners aangewys is.
Die eerste span het die titel van ligawenner behaal nadat hulle verlede week hul laaste ligawedstryd gespeel het. Die krieketspan was onoorwonne.
Twee van die span se uitblinkers is onder andere Mandelie Prinsloo wat ‘n uitnemende 100 nie uit nie teen Hoërskool Bekker gemoker het terwyl Dianey Havenga ‘n uitstekende 96 nie uit nie teen Hoërskool Linden kon behaal.
Maar die span se prestasies hou nie daar op nie.
Onder die leiding van afrigter Corné Aldridge, het die krieketmeisies ook die T20 Dainfern-kriekettoernooi gewen. Die span het onoorwonne gebly teen spanne soos Dainfern College, Northcliff High School, Edenglen High School en Hoërskool Noordheuwel se tweede span.
Hoërskool Riebeeckrand is beslis trots op hul eerste span en Corné se toewyding.



