Duif-meesters aangemoedig om jaareindfunksie by te woon
Die Randfontein Resies Duifklub sien daarna uit om hul lede op 2 Desember met toekennings te beloon.
Lede van die Randfontein Resies Duifklub beplan ‘n bring-en-braai prysuitdelingsaand op 2 Desember. Die spoggerige geleentheid sal by die klubhuis plaasvind wat by die Greenhills Stadion geleë is.
Lede en hul gesinne sal dan die geleentheid kry om bietjie saam te kuier en toekennings te ontvang. Die junior-lede sal eerste beloon word gevolg deur die senior-lede. Nadat alle lede toekennings oorhandig is sal die spesiale toekennings uitgedeel word.
“Dit gaan ‘n gesellige samesyn wees,” het Belinda Barkhuizen, bemarker vir die klub vertel.
Die klub het huidiglik 12 senior-lede en sewe junior-lede wat lang afstand en kortafstand duif wedvlugte uitvoer.



