Local newsUpdate

Weggooi hond vind nuwe lewe

Talia sterk goed aan by haar pleeghuis en is binnekort op pad na haar permanente huis.

Op 28 Maart het die Randfontein Herald berig oor Talia, die verwaarloosde en ondervoede hond wat deur Cast Aways Animal Sanctuary gered is. Sy is op 20 Maart gevind en het sedertdien weer haar kragte opgebou en gewig opgetel.

Stigter van die diere-organisasie, Louisa Rossouw, het verduidelik: “Talia het 100% verbeter, nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik. Sy het gesonde gewig opgetel en is ook gesteriliseer. Sy is glad nie meer bang nie en is so vergewensgesind. Sy het ook begin speel, wat sy nie in die begin gedoen het nie.”

Sy het vertel die geheim agter Talia se verbetering was kos en liefde. Sy het ook vir haar goeie baba hondjie kos gekoop.

“Maar liefde het alles oorwin met die wete dat sy behoort iewers.”

• Lees ook: Animal shelters facing a crisis

Sy het verduidelik hulle moes begin deur haar vertroue te wen, sy kon die omgewing ondersoek en rond ruik. Hulle het haar dan lus gemaak deur eers net vir haar bietjie kos op ‘n slag te gee totdat sy haar kragte opgebou het om te eet soos sy wou.

‘n Inwoner het hulle netwerk op sosiale media gesien en op Talia verlief geraak. Sy het haar in die hospitaal besoek en net geweet Talia is vir haar bedoel, sy het haar toe ook Talia gedoop.

“Sy sal die beste huisie by haar nuwe permanente huis hê en ons wens haar liefde en baie herinneringe saam haar nuwe familie toe. Talia is ‘n baie liefdevolle woef wat baie goed teenoor mens en dier is,” het Louisa gesê.

Sy het afgesluit, “Cast Aways Animal Sanctuary wil vir Merie en Skyf Gresse uit ons harte bedank vir die drie weke wat hulle Talia in hulle huis geneem het en haar kon wys wat ware liefde is.”

Related Articles

 
Back to top button