Local news

Plaaslike skool leer meer van die DBV en oorhandig donasies

Die DBV het van die geleentheid gebruik gemaak om die volgende generasie te leer oor die belangrikheid van diere se welsyn.

Leerders van ‘n plaaslike skool het onlangs die Rand-Wes DBV besoek om meer oor diere te leer en hoe om hulle te versorg.

Die leerders het ook donasies gebring wat hulle aan die DBV oorhandig het.

Rand-Wes DBV inspekteur en bestuurder René van Straten het verduidelik die skool se senior raad het hulle genader en gesê hulle wil uitreik.

René van Straten verduidelik die belangrikheid van behoorlike sorg vir diere.

“Die kinders is ons toekoms en hoe meer hul bewus is van hoe om diere reg te versorg en die tipe werk wat die DBV doen, hoe groter verskil gaan daar in die toekoms wees.”

Sy het hulle dankbaarheid uitgespreek vir die skool se ondersteuning en genoem hulle is altyd welkom en hulle probeer selfs die skole besoek om leerders in te lig.

“Die donasies help verskriklik baie, sonder dit kan ons nie die werk doen wat ons doen nie. Dankie aan die skool se senior raad wat hierdie inisiatief self aangepak het en nogsteeds deel neem aan ons kompetisies om geld in te samel.”

Related Articles

 
Back to top button