Local news

Rand West Buurtwag werk hard, speel hard

Om misdaad hok te slaan en 'n veiliger Randfontein te skep is die Rand West Buurtwag se missie.

Die Rand West Buurtwag het onlangs vars peuselhappies vir die patrolleerders en lede aangebied na ‘n suksesvolle dag van patrollering.

Op Saterdag, 4 Mei, het lede van die buurtwag weer in Greenhills bymekaargekom en volgens voorsitter Henry Boyce, was die doel om misdaad te voorkom.

“Ons wil graag almal bedank vir die dag se harde werk,” het Henry gesê.

Henry het bygevoeg dat hierdie geleenthede ook as bewusmakingveldtogte dien. Hy het verduidelik dat dit aktiewe betrokkenheid van die gemeenskap behels. Tydens hierdie veldtogte gesels die buurtwag met inwoners oor hul bekommernisse en bespreek relevante sake.

Die buurtwag stuur ook op ‘n gereelde basis verslae uit aan sy lede wat misdaad- of veiligheidsprobleme in hul plaaslike areas gesien het. Hulle deel ook inligting oor aangemelde gevalle om die gemeenskap op hoogte te hou.

Henry het verder vertel dat die misdaaduitdagings wissel, maar dat die buurtwag gereeld met inbrake, diefstal, vandalisme, anti-sosiale gedrag en veediefstal te doen kry.

“Veediefstal is tans ‘n toenemende probleem wat ons aandag geniet. Deur ingelig te bly en saam te werk, mik ons daarop om hierdie uitdagings doeltreffend aan te spreek,” het hy gesê.

Hy het verder uitgedruk dat die buurtwag se hoofmissie veiligheid is. Hy het bygevoeg dat die buurtwag poog om veiligheid en sekuriteit te bevorder en saam met die plaaslike owerhede te werk. Hierdeur wil hul graag misdaad afkeur en voorkom.

“Ons buurtwag werk op die beginsels van gemeenskapsbetrokkenheid, waaksaamheid, en samewerking. Saam streef ons daarna om ‘n veiliger omgewing te skep waarin alle inwoners kan leef, werk, en speel,” het Henry afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button