Local news

Jong DBV bestuurder se lewensreis in ‘n neutedop

RandWes DBV bestuurder vertel meer oor haarself.

RandWes DBV bestuurder René van Straten het op 30 Julie haar 26e verjaarsdag gevier en met die Randfontein Herald gesels oor haar lewensreis.

Op haar verjaarsdag het sy gedoen wat sy die meeste geniet – diere se lewens gered. Alhoewel dit ‘n normale werksdag vir haar was, het sy vertel dat sy omring was deur mense wat baie vir haar beteken.

René is gebore en getoë in Carletonville en het 2016 daar gematrikuleer. Tydens haar skoolloopbaan het sy gereeld as vrywilliger gedien tot en met haar laaste dag van skool. Die dag nadat sy haar laaste matriek eksamenvraestel voltooi het, het sy gretiglik by die Carletonville DBV aangesluit as ‘n ontvangspersoon.

In 2018 het sy RandWes DBV toe verskuif en haar inspekteur kursus voltooi waarna sy gekwalifiseer het in 2020.

René onthou haar eerste troeteldiere wat volgens haar ‘n groot invloed op haar beroepskeuse gehad het – haar Labrador, Dino, ‘n Maltese poedel Snippie asook ‘n pitbull met die naam Lasca. Lasca was ongelukkig vergiftig en Dino en Snippie het weens ouderdom doodgegaan.

Sy verduidelik sy is gebore met ‘n liefde vir diere.

“Toe ek as kind gevra was wat ek wil word, was my antwoord ‘n diere polisievrou. Ek voel God het ‘n plan vir my en Hy gee al die gawes, kennis en krag wat ek nodig het om Sy plan uit te voer. Op laerskool het ek ‘n berig gelees oor hondegevegte. Ek het die berig gehou om my te herinner dat eendag as ek groot is, wil ek diere red,” het sy vertel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button