Local news

Rescue Expo bring meer as 40 diere-organisasies vir ‘n doel bymekaar

Die ekspo het organisasies die geleentheid gebied om hul diere bekend te stel en ook geld in te samel vir die diere in hul sorg.

’n Rescue Expo het onlangs talle dierereddingsorganisasies, insluitend No More Tears Animal Rescue, bymekaargebring om bewusmaking te skep.

Die ekspo het op 6 Oktober by die Bryanston Mark in Sandton plaasgevind met meer as 40 dierereddings- en rehabilitasieorganisasies wat dit bygewoon het. Hulle het diere wat hulle gered het ten toon gestel en ‘n paar stories gedeel, het Clarisse Kruger, ‘n vrywilliger by No More Tears, verduidelik.

Clarisse Kruger en Micheala van Deventer. Foto ingestuur.

Die ekspo word deur The Rescue Collective SA gereël en was die derde in sy soort.

“Dit was ‘n groot sukses. No More Tears Animal Rescue het ons bekende bekers, hondebeskuitjies, honde-sjampoe, hondeparfuum en ‘n verskeidenheid speelgoed verkoop,” het Clarisse gesê.

No More Tears het ook van die geleentheid gebruik gemaak om mense in te lig oor hul aannemingsproses en ook foto’s gedeel van die diere in hul sorg wat dan beskikbaar is vir aanneming.

No More Tears Animal Sanctuary se produkte wat te koop was by die Rescue Expo. Foto ingestuur.

Die doel van die ekspo is om met die publiek bymekaar te kom, hul stories te deel en dan ook geld in te samel vir die onderskeie reddingsorganisasies hetsy deur skenkings of verkope. Daar was ook pryse te wen, insluitend kos vir die diere en hampers.

Nog produkte van No More Tears Animal Sanctuary tydens die Rescue Expo. Foto ingestuur.

Die ekspo se leuse is ‘Saam kan ons ‘n positiewe impak op die lewens van talle diere maak’.

“No More Tears Animal Rescue gaan beslis volgende jaar weer die ekspo bywoon en ons hoop om die gemeenskappe van Randfontein en Krugersdorp daar te sien,” het Clarisse gesê.

‘n Beker wat te koop was. Foto ingestuur.

Sy het bygevoeg dat sulke uitstallings help om organisasies met blootstelling te red aangesien nie almal bewus is van die organisasies nie.

Besoek gerus hul webwerf of Facebook-blad vir meer inligting oor hul bekende bekers en ander produkte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button