Local news

500 Jaar viering van die kerklied by Sionspoort

Die Hervormde Gemeente Sionspoort bied op Hervormingsondag 27 Oktober 'n musiekprogram in die vorm van 'n Sangdiens in Randfontein aan.

Hierdie jaar is ‘n baie spesiale jaar in die geskiedenis van kerkmusiek. So sê Hervormde Gemeente Sionspoort se orrelis Rudi van Wyk.

Volgens Rudi is dit vanjaar 500 jaar sedert die heel eerste Protestantse liedereboek, Martin Luther se Agt Liedere-boek, in 1524 verskyn het.

“Wêreldwyd is daar feeste en publikasies wat die groot gebeurtenisse vier. Verder is dit die 80-jarige viering van die verskyning van die heel eerste Afrikaanse sangbundel in 1944. Voor dit is die meeste kerkliedere hier ter plaatse nog in Nederlands gesing. Die nuutste toevoeging van kerkmusiek, naamlik Vonkk-beweging vir kerkmusiek, het ook ‘n splinternuwe lied wat Hannes van der Merwe ter viering van die vyf eeue geskryf het en kan tydens die viering van die kerklied gebruik word.”

(Vonkk 543) – Leef jou lied
Teks: Hannes van der Merwe
Musiek: Lauda Anima – John Gross 1869

1. Leef jou lied! Kom, leef jou lofsang!
Laat jou lied jou lewe rig.
Neurie dit in jou gedagte;
open só ‘n vergesig.
Laat dit eggo deur die eeue
om jou donker te verlig.

2. Leef jou lied met broers en susters
oor die wye wêreld heen.
Oor verskillende tradisies
sing ons saam oor God se seën.
Só weerklink sy lof oor eeue,
bind ons lied ons saam tot één.

3. Oor die eeue leef die lied, Heer,
in die harte van u kerk;
eggo oor die ver verlede
hoe U met u kinders werk.
In gevare het hul kerklied
steeds geloof in U versterk.

4. Breek met sang die kerk se mure!
Laat die kerk se dak verrys!
Laat dit deur die vensters uitkring
en opnuut die rigting wys.
Laat weerklink die “Halleluja!”.
Laat jou lied die Here prys!

Die Hervormde Gemeente Sionspoort gaan op Hervormingsondag, 27 Oktober, ‘n musiekprogram in die vorm van ‘n sangdiens in Randfontein aanbied.

“Die orrelfees kom daarop neer dat dit ‘n sangdiens is wat van die geliefde kerkliedere oor die 500 jaar dek ter viering van hul kerklied met geliefde gesange en Psalms wat oor vyf eeue strek. Kom ervaar hoe die Transoranje Skool vir Dowes van Pretoria met hulle gestremdheid as dowes ook die kerklied van die eeue vier saam met hul skoolkoor wat tydens die program gaan optree, dit is voorwaar iets om te beleef.

“Ons nooi graag almal wat van ‘n pragtige gesang en saamsing hou om te kom saamsing en deel te wees van die program.”

Die tyd is 12:00 tot 13:00. Toegang is gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button