Local news

Sionspoort se Kersmark is hier!

Die Damesvereniging van Sionspoort se langverwagte Kersmark sal vermaak verskaf met selfs 'n gesellige teetuin vir ontspanning.

Die Hervormde Kerk Sionspoort maak gereed vir nog ‘n langverwagte Kersmark wat beloof om groot vermaak vir die gemeenskap te bied.

Die kerk se Damesvereniging (NHSV) het gesorg dat die jaarlikse Kersmark ‘n instelling in Randfontein geword het. Volgens NHSV-voorsitter, Sheryl van Staden, begin die Kersmark op 30 November omstreeks 09:00.

Chanie Jonker, Jannie du Toit en Susan Mouton gaan by Sionspoort se Kerssangdiens optree.

Die geleentheid word in die kerksaal te Henningstraat 90, Randgate gehou.

Sy het verder gesê dat daar baie handgemaakte produkte sal wees asook ‘n gesellige teetuin. Die Kersmark is nie net beperk tot verskeie versnaperinge nie, maar sluit ook vermaak in.

Die gemeente sluit die feesnaweek af met ’n Kerssangdiens wat op 1 Desember om 09:00 plaasvind. ’n Orkes bestaande uit Chanie Jonker, Jannie du Toit en Susan Mouton sal vir prettige vermaak sorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button