Local news
Help Nova om haar ewige tuiste te vind
Nova is vir meer as 'n jaar al 'n inwoner van Cast Aways Animal Sanctuary en soek bittergraag 'n huis van haar eie.
Cast Aways Animal Sanctuary soek ‘n permanente tuiste vir een van hul viervoetige inwoners.
Louisa Rossouw, eienaar van Cast Aways het gesê dat Nova 18 maande terug in ‘n veld gevind is. Sy het agt hondjies by haar gehad.
“Haar babas het reeds almal na hul ewige huise gegaan, maar Nova is ongelukkig steeds by ons. Sy verdien om ‘n huis van haar eie te hê,” het Louisa gesê.
Sy het bygevoeg dat Nova ‘n boerboelkruising is en sy is goed met groot honde sowel as mense en kinders.
Enigiemand wat Nova dalk wil aanneem, kan Louisa by 072 812 3333 kontak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



