Local news

Skildery en lootjies as fondsinsameling vir minderbevoorregtes

Die God's Army Aanbidding Sentrum verkoop lootjies vir 'n skildery waarna die fondse vir minderbevoorregte gesinne gaan.

God’s Army Worship Centre het ‘n lootjie-kompetisie vir ‘n skildery wat deur een van die lede geskilder is om te dien as ‘n fondsinsameling vir minderbevoorregtes.

Stigter van die sentrum, Hennie Marais, het gesê die fondse sal dan gebruik word om kospakkies vir minderbevoorregte inwoners te maak.

“Ons probeer altyd gee waar en wat ons kan. Nie-bederfbare kosse asook daaglikse benodigdhede soos brood, melk, tee en pap word hartlik verwelkom,” het Hennie gesê.

Op die oomblik voed die sentrum 22 gesinne alhoewel daar meer gesinne is wat hulp vra, maar die sentrum kan nie bekostig om te help nie.

Die skildery word elke Saterdag by Tambotie Mall uitgestal waar lootjies gekoop kan word waarna die trekking op 8 Desember sal plaasvind. Die sluitingsdatum vir die lootjies is 7 Desember. Daar sal ook ‘n Kersdiens by die kerk (Kingfisherstraat 22) wees.

Indien daar enige navrae is, kan Hennie op 079 050 5175 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button