Local news

Kunswerk vir liefdadigheid

Kunstenaar Charlene verduidelik hoekom sy haar onlangse skildery vir liefdadigheid gebruik.

Charlene Burger (66) gebruik haar talente om minderbevoorregtes met ’n liefdadigheidsprojek te help.

Charlene loots tans een van haar onlangse skilderye uit om fondse in te samel vir die God’s Army Centre. Hierdie fondsinsameling sal dus gaan om kospakkies vir die minderbevoorregte gesinne te maak.

Charlene het besluit om deel te neem aan die fondsinsameling omdat sy by die Sondagskool betrokke is.

“By Sondagskool het ek dinge gesien wat my hart gebreek het. Ek het gedink aangesien dit reeds Kerstyd is, wil ek graag vir ouers en kinders voorsien. Ek wil graag hê dat hierdie gesinne die feestyd in oorvloed moet geniet,” het sy uitgespreek.

Die kunswerk wat geloots word, dra volgens Charlene ’n spesifieke boodskap.

Die skildery is akriel op doek en behels blomme met ryk kleure.

“Blomme beteken altyd nuwe lewe. Ek het spesifiek skakerings van pienk, pers en blou gebruik, nie net omdat dit my gunsteling kleure is nie, maar omdat hulle koninklike simbole het. Hierdie werk simboliseer oorvloed van lewe. Die helder oranje in die blomme beeld die rykdom van die heilige gees.

“Deur hierdie projek wil ek hê kinders moet weer soos kinders kan speel en ek wil hê daar moet vir hulle vleis en poeding op die tafel wees. Elke sent wat ons insamel gaan vir kos,” verduidelik Charlene.

Haar loopbaan as skilder het amptelik in 1990 begin, maar het wel vir ‘n tydperk onderbreek weens persoonlike trauma. Nie te min nie, Charlene is weer besig om haar skilderye uit te stal en is selfs ‘n digter.

“Soms skilder ek en dan skryf ek ‘n gedig oor die skildery, of ek skryf ‘n gedig en dan skilder ek ‘n prentjie daarvan. ‘n Kunstenaar se kop is altyd besig. Kuns is ‘n reis waar ek my hart kan blootlê sonder om my woorde te gebruik. Baie min mense verstaan die skilderye en nog minder die emosie agter die werk.

“Nie almal sien die trane, nagtelike ure, mislukking en verwerping terwyl ‘n kunswerk tot stand gebring word nie,” het sy gesê.

Die lootjie sal op 8 Desember afsluit waarna daar ook ‘n Kersdiens by die kerk gehou sal word. Indien iemand belangstel, kontak die stiger van die sentrum, Hennie Marais, op 079 050 5175.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button