Local news

Jaarlikse bederfoggend ‘n sukses

Vriendskap Tuiste het hul jaarlikse bederfoggend gehou om alle vrywilligers te bedank.

Vriendskap Tuiste het op 15 November hul jaarlikse bederfoggend aangebied om terug te gee aan die mense wat hulle deur die jaar ondersteun.

Dalena Botha, voorsitter van die tehuis, het gesê die bederfoggend is ‘n jaarlikse instelling om dankie te sê aan hul gereelde en vrywillige helpers.

Joey Sadler saam met ds Irma Nel. Foto ingestuur.

“Dit is ‘n klein blyk van waardering van ons kant af. Predikante, pastore, vrywilligers en boeklesers word uitgenooi.”

Sy het genoem daar is ook van hul eie inwoners wat hand bysit deur die jaar, selfs 89 jariges.

“Dit was vir hulle geen moeite gewees om 05:00 pannekoek te maak en tafels gereed te kry nie.”

Vriendskap Tuiste se bederfoggend was ‘n reuse sukses. Foto ingestuur.

Die ontbyt word deur hul eie kombuis voorsien. Dit is die tweede jaar wat hulle die aanbied en dit het nou ‘n jaarlikse instelling geword op hul program.

“Dit is vir ons baie belangrik om dankie te sê. Ons vra volgende jaar weer almal se hulp. Dit is ook ‘n geleentheid vir ons om mekaar beter te leer ken. Die gesellige oggend waartydens ons gesellig verkeer is elke jaar ‘n reuse sukses,” het Dalena afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button