Local news

Verlate Staffie op soek na ‘n huis

No More Tears Animal Rescue is op soek na 'n permanente tuiste vir nog een van hul viervoetige inwoners, 'n sewejarige Staffordshire-bulterriër.

No More Tears Animal Rescue het onlangs ‘n hond in Northwaylaan gered en is op soek na haar ewige huis.

Stephan Hendricks, een van die direkteure by No More Tears, het verduidelik dat sy ‘n Staffordshire-bulterriër van omtrent sewe jaar oud is.

Sy is in ‘n relatief goeie toestand gevind en het ‘n week by die veearts deurgebring terwyl hulle na haar eienaar gesoek het. Na ‘n week het hulle haar na hul kennels geskuif.

Hy het bygevoeg dat hulle kontak gemaak het met die eienaar wat egter bevestig het dat hulle nie meer die hond wil hê nie en sy is nou wettiglik beskikbaar vir aanneming

Stephan het gesê sy kom goed oor die weg met die ander honde insluitend klein hondjies en sy het goeie maniere.

Enige persoon wat belangstel om haar aan te neem kan No More Tears kontak by 084 433 7748, 064 682 5145 of ‘n e-pos stuur na info@nomoretears.org.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button