Local news

Voormalige verslaafde nou ‘n inspirasie

Opkomende kunstenaar deel sy lewensreis en hoe hy sy lewe omgedraai het nadat hy vir 10 jaar 'n verslaafde was.

Vier en veertig-jarige kunstenaar Willem Fourie hoop om sy lewensreis as motivering vir sy musiek te gebruik en ander te inspireer.

Willem speel al 25 jaar die kitaar en is ook ‘n toegewyde liedskrywer. Die omvattende boodskap van sy musiek is hoofsaaklik Christelik, alhoewel hy hoofstukke van sy lewe gebruik as inspirasie vir sy lirieke.

In 1998 toe Willem 18 jaar oud was het hy vir sy eerste kitaarlesse gegaan. Hy het ‘n werklike passie vir musiek ontdek nadat hy as tiener kitaar saam sy vriende gespeel het en na orkesmusiek geluister het.

“Ek was ‘n alkoholis vir 10 jaar. Toe ek tot bekering gekom het, het my hele lewe ten goede verander,” het hy uitgespreek.

Willem se grootste motivering is wanneer hy deur die dorp stap en die swaarkry raaksien. Hy sal die swaarkry as ‘n muse in sy lirieke en musiek gebruik. Vir hom is dit ’n eer om te sien wanneer sy kuns iemand se lewe verander.

Sy rolmodel is James Hetfield van die bekende Metallica.

Verder het hy raad gegee aan diegene wat ook van plan is om kunstenaars te word.

“Glo in jouself en vertrou dat jy jou doelwitte kan bereik. Moenie luister na wat die mense om jou vir jou sê nie. Die belangrikste van alles is om in God te glo,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button