Local news
Kersvader besoek Randpoort Tuiste
Die inwoners van Randpoort Tuiste sluit die feestyd met 'n Kersete af.

Die inwoners van Randpoort Tuiste het ‘n gesellige bederf geniet om Kersfees te vier.

Dalena Botha, voorsitter van Vriendskap Tuiste het gesê die inwoners van Randpoort Tuiste het ‘n Kersete geniet om die jaar mee af te sluit. Daar was selfs musiek en inwoners het ingespring en gedans. Kersvader het ook daardie dag kom kuier.
“Dit was ’n baie spesiale geleentheid,” het Dalena gesê.

Sy het ook al die borge bedank wat die dag moontlik gemaak het, insluitend verskeie besighede in Randfontein.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.