Kom sprei jou radiobeheerde vliegtuig-vlerke
Gratis lesse word by Bosveld Flyers aangebied om kinders besig te hou en families bymekaar te bring.
Bosveld Flyers, ‘n skool waar liefhebbers van radiobeheerde vliegtuie geleer word, bied gratis lesse aan vir die publiek om families bymekaar te bring.
Zihan en Ladrigo Vos is juis twee jong seuns wat tans leer om radiobeheerde vliegtuie te vlieg.
Volgens voorsitter Johan Botha is beide seuns se vliegvaardighede goed ontwikkel en doen hulle dit as ‘n stokperdjie.
Zihan en Ladrigo sal wel eendag graag aan kompetisies wil deelneem.
“Dit is vir baie mense ‘n droom om vliegtuie so te kan vlieg maar hulle gee gewoonlik moed op wanneer hul eerste vliegtuig val. Dit is ook ‘n sport vir almal, insluitend seuns en dogters. Oupa’s geniet dit meer natuurlik,” het Johan vertel.
“Ons bied gratis lesse aan vir diegene wat belangstel. Ons wil net die kinders weghou van die strate af en families bymekaar bring. Baie mense vlieg ook gewoonlik hul vliegtuie in die strate omdat hulle nie weet waar die vliegskole is nie,” het Johan afgesluit.
Vir meer inligting kontak Johan by 082 976 0910.




