Local news

‘n Derde kans vir Baily die weggooihond

No More Tears onthul dat mishandelde en weggooi diere in die gemeenskap toeneem.

No More Tears Animal Rescue het ‘n hond gered nadat hy twee keer weggegooi is. Danksy ’n liefdevolle gesin van Magaliesburg het sy nou haar laaste ewige tuiste gevind.

Clarisse Kruger, vrywilliger by No More Tears, het verduidelik dat Baily, soos sy intussen genoem is, op Hillside-plotte gevind is. Stephan Hendricks, ’n direkteur by die organisasie, het op 22 Februarie ’n oproep oor die hond ontvang, waarna hy dadelik gery het om haar te kom haal.

Hy het toe die persoon opgespoor wat Baily gestort het.

“Volgens die persoon het die hondjie in 2024 by hulle aangekom [nadat sy die eerste keer weggegooi is] en nou, die tweede keer, het hulle glo in die area stilgehou en toe hulle die deur oopmaak, het die hond uitgespring en weggehardloop. Hulle het ook gesê dat hulle nie meer na die hond soek nie,” het Clarisse verduidelik.

Stephan saam met Riana Cronje, ook ‘n direkteur, kon Baily uiteindelik om die draai opspoor van waar die persoon sê sy uitgespring het.

“Sy was papnat, bang en deurmekaar en sy wou nie na Stephan of Riana toe kom nie. Hulle moes ‘n lokval stel om haar te vang, gelukkig het dit gewerk,” het Clarisse genoem.

Sy het verder gesê toe Baily besef sy is veilig, het sy kalmeer. Riana het haar huis toe geneem, waar sy haar gebad, in ‘n kombers toegedraai en veilig gehou het vir die aand. Die volgende dag is sy na die Randfontein Dierehospitaal geneem waar sy behandeling ontvang het vir bosluise en vlooie asook die ligte bosluiskoors wat sy gehad het. Sy is ook ingeënt, gesteriliseer en het ‘n mikroskyfie gekry.

Sy is op 26 Februarie saam met haar nuwe liefdevolle gesin na haar ewige huis in Magaliesburg.

“Mishandelde diere en diere wat weggegooi word is aan die toeneem in ons gemeenskap. Elkeen van hierdie diere soek net ‘n tweede kans in ‘n huis waar hulle liefde en aandag sal ontvang. Elkeen van hulle wil graag ‘n ewige huis hê, iets wat hulle nog nooit vantevore gehad het nie. Ons wil die gemeenskap aanmoedig om diere by ons aan te neem. Hulle kan ons gerus kontak en navrae doen op ons sosiale media platform op ons sosiale media-platform.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button