KYK: Vleisfees vuur en vlam aan die gang
Die koue weer skrik nie die gemeenskap af nie – honderde stroom steeds na vanjaar se vyfde Vleisfees. Die Randfontein Herald gesels met Sionspoort-lede en meer.
Vanjaar se vyfde Vleisfees, aangebied deur die Sionspoort Hervormde Kerk, is behoorlik aan die gang en honderde mense het reeds by die Tuinhekkie ingestroom.

* Lees ook: Maak reg vir fees en vleis: Gewilde Vleisfees om die draai
Hoewel die Vleisfees vanjaar sy sesde bestaansjaar vier, kon dit ongelukkig nie in 2020 plaasvind nie weens die Covid-19-inperkinge. Die Tuinhekkie, waar die fees gehou word, is op die hoek van Lazaar- en Merweweg in Elandsvlei-Hoewe geleë. Die fees duur tot laat.

Die Randfontein Herald is tans op die feesgronde, waar die mediabestuurder van die fees, Appel Ernst, saam met lede van Sionspoort feesgangers met ope arms verwelkom.
@caxton.jhbwest Die Randfontein Herald gesels met drie lede van die Sionspoort Hervormde Kerk oor wat feesgangers kan verwag by vanjaar se vyfde Vleisfees. #RandfonteinHerald #Randfontein #vleisfees #Sionspoortvleisfees #caxtonlocalmedia #meatlovers #journalist ♬ original sound – Caxton JHB West



