Local news

Blink motors en gesigte: Pret by West Village kar skou

Karliefhebbers geniet ’n dag vol blink motors, stories en gesellige atmosfeer by Cowboy Town se klassieke kar skou.

Karliefhebbers het hul passie uitgeleef by Cowboy Town se jongste klassieke kar skou in West Village op 9 Augustus.

Mede-eienaar van die perseel, Mia Maré, het gesê hulle wou die gemeenskap bymekaar bring om pragtige ou motors te bewonder, stories en herinneringe te deel.

‘n Klassieke VW Kombi by die skou.

“Dit gaan nie net oor die motors nie, maar oor die mense wat dit saam kom geniet – ’n dag vol pret saam met familie en vriende,” sê Mia.

Sy het bygevoeg een van die motors was ‘n 1928 Ford Roadster, ook bekend as ‘n ‘hotrod’. Die eienaar van die kar, Luke Snyman, het vertel die motor het oorspronklik ‘n vier-silinder enjin ingehad, maar hy het dit vervang met ‘n vyf-liter Lexus V8.

“Ek het alles oorgedoen en die kar meer spoed-georiënteerd opgebou. Ek het ook die kar so oorgedoen dat dit gemaak is om baie en ver te ry.”

‘n Klassieke Land Rover by die skou.

Mia vertel ook dat die skou op elke publieke vakansiedag gehou word. Die hoogtepunt vir haar was om al die blink motors bymekaar te sien, die eienaars se stories te hoor en die gesellige atmosfeer van musiek, kos en glimlagte te geniet.

Sy het afgesluit deur te sê hulle wil graag almal hartlik bedank – van die eienaars met hul motors en natuurlik al die besoekers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.

Related Articles

Back to top button