Kom kuier saam by Baalsak se opedag in Westonaria
Bring jou vrugteboom of groentesaad en kom geniet ’n dag vol kos, kuier en aktiwiteite saam met Eenheid Baalsak.
Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se Eenheid Baalsak hou ’n opedag en nooi die gemeenskap uit om dit by te woon.
Volgens Johan Swanepoel, waarnemende adjudant en samajoor, vind die geleentheid op 13 September om 10:00 plaas te Dovetonstraat 2, Westonaria.
Daar sal ’n skilpadbraai wees en elkeen moet hul eie vleis en drinkgoed saambring, terwyl die eenheid die bykosse voorsien. Besoekers sal ook die geleentheid hê om met hul BB-gewere en pistole by die skietbaan te skiet. Verder sal daar bome en groente geplant word. As toegangsfooi word besoekers versoek om vrugtebome of groentesaad saam te bring.
Vir meer inligting, kontak Johan by 072 791 0671.



