Local news
Valentynssokkie maak hartjies warm by Rappies
Leerders het saam ’n onvergeetlike Valentynsviering by Laerskool Rapportryer beleef.
Laerskool Rapportryer se onlangse Valentynssokkie vir die graad 4- tot 7-leerders was ’n groot sukses, vol dans, vreugde en saamwees.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het die pragtige stalletjies van die leierouers die sokkie ekstra spesiaal gemaak, terwyl die leerders vol entoesiasme tou getrek het en vrolik gedans het.
“Dit was regtig iets besonders,” het Celeste gesê.

Juffrou Magda Swart, die trotse leiervoog en organiseerder van die sokkie, het gesê dit was wonderlik om te sien hoe die leerders saamkom om die liefde van vriendskap en deel te ervaar.

“Ek dink die liefde het omtrent gewen!”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







