School sportSport
Drie Gerrit Maritz-spanne wen krieketliga
Eerste-, tweede- en o.11-spanne wys hoe dit op die krieketveld gedoen moet word.
Na vele spannende wedstryde teen skole in die area, het Laerskool Gerrit Maritz geseëvier.
Nie minder nie as drie van die skool se krieketspanne het hul onderskeie ligas gewen.
Hulle is die o.11’s onder mnr Breytenbach; die tweedespan onder mnr Krügel en die eerste-span onder mnr Diedericks.
Die personeel en bestuur van die skool is trots op hierdie uitmuntende prestasie en wens hulle hartlik geluk.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



