School sportSport

Rierand-boogskutters maak naam

Twee leerlinge presteer in boogskiet by Afrika Kampioenskappe.

Twee leerlinge van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs hul skool en land se naam hoog gehou tydens ‘n Afrika Boogskiet Kampioenskap.

Christiaan Pretorius en Sean Smit was deel van ‘n Suid-Afrikaanse ‘All Star’-span wat aan die kampioenskap in Rustenburg deelgeneem het.

Rickus Kruger van die skool vertel, “Daar was 16 boogskutters van Suid-Afrika, Namibia, Botswana en Zimbabwe onderskeidelik. Elke span is in vier gedeel.

“Die 16 spanne van vier lede elk het teen mekaar kragte gemeet totdat slegs twee oorgebly het. Christiaan en Sean se span het eers in die laaste rondte uitgeval.”

Afrigter van Riebeeckrand se boogskietspan, Frik Birkenstock sê, “Baie geluk en baie dankie vir julle pryswaardige deursettingsvermoë, julle is ware wenners”.

Sean het bygevoeg, “Sonder hom sou ons nie ons doelwitte kon bereik nie”.

Resultate:

• 1ste RSA

• 2de Zimbabwe

• 3de Namibia

• 4de Botswana

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button