School sportSport

Wes-Randse langasems gee alles in Jannas-marathon

Die 15de jaarlikse 9- en 18-uurmarathon weereens 'n groot sukses.

Langasems van klubs en skole in Randfontein asook die Wes-Rand het verlede maand gewys wat in hulle steek tydens Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) en EPR Sekuriteit se jaarlikse 9- en 18-uur aflosmarathon.

Almarie Katze, VLR-voog het gesê, “Dit was die 15de weergawe en die skool bied hierdie jaarlikse hoogtepunt op sy kalender saam met sy hoofborg EPR aan. Die byeenkoms is ‘n geregistreerde Atletiek Suid-Afrika (ASA) aflosmarathon waaraan laerskool-, hoërskool-, kleuterskool- en klubspanne asook individuele hardlopers en stappers deelgeneem het.

Alle deelnemers se rondtes word elektronies getel en uitslae word dadelik deur Wright Race Timing volgens ASA-reëls en -regulasies verwerk.

“Elke aflosspan het uit 10 lede bestaan wat die aflosstokkie na elke kilometer aan sy/haar spanmaat moes oorhandig.” het Almarie verduidelik.

Uit die EPR-karavaan langs die veld is deurlopend lekker lewendige musiek gespeel en tesame met die ander vermaak het daar ‘n feestelike atmosfeer geheers. Vir ‘n sekere gedeelte van die aand het deelnemers, spanne en klubs ook iets pienk gedra om die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) te ondersteun.

Tydens die prysuitdeling het Johan Booysen, direkteur van EPR medaljes en T-hemde aan alle langasems en kategoriewenners oorhandig.

Die uitslae is as volg:

• Kleuterskool-wenspan: Ramkriekies (47 rondtes)

• 9-uur Laerskoolwenners: Laerskool Horison (Gemengde span met 128km), Rapportryer (Dogters met 126km), Krugersdorp-Noord (Seuns 124km)

• 9-uur Hoërskole: Riebeeckrand (Gemeng 73km), Jannas o.14 Rugby (Seuns 88km)

• 18-uur Hoërskole: Jannas Hardlopers (Gemeng 212km)

• 18-uur Klubs: Randmark (Gemeng 229km), Roodepoort (Mans 264km)

• 9-uur Individuele hardloper: C Thomas (Man 44km), M de Beer (Dame 23km)

• 18-uur Individuele hardloper : S Kotze (Man 136km), R Nel (125km)

• 9-uur Individuele stapper: W Lubbinge (Man 48km), C Malan en D Deetlefs (Dames 52km)

• 18-uur Individuele stappers: P Rootman (Man 94km) en H Rootman (Dame 83km)

Julius Katzke, hoof van Hoërskool Jan Viljoen wil graag ‘n spesiale woord van dank rig aan EPR vir hul volgehoue borgskap asook aan Chris en Ria Bornman vir die puik organisasie van hierdie reuse jaarlikse projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button