School sportSport

Jannas se Goue Leeus brul

Twee leerders van Hoërskool Jan Viljoen sal vir die Goue Leeus uitdraf tydens die Interprovinsiale Toernooi in September.

Lewellyn van der Merwe en Louis Smith van Hoërskool Jan Viljoen is gekies om die Goue Leeus tydens ‘n Interprovinsiale Toernooi in Johannesburg in September te verteenwoordig.

“Ons is baie trots op hierdie twee o.16 Viking-spelers (Jannas se o.16-rugbyspan) en sien uit na hul eerste kragmeting teen die Blou Bulle,” het Tammy Smith, skoolwoordvoerder gesê.

Lewellyn van der Merwe en Louis Smith. Foto ingestuur.

Tammy het bygevoeg dat die seuns nie net spoedvrate is nie maar dat hulle ook die pad doellyn toe ken.

Lewellyn het die afgelope rugbyseisoen 21 drieë gedruk en Louis ‘n uitstaande 23.

“Ons is ongelooflik trots op die twee seuns wat Jannas se naam hoog hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button