School sportSport

Gauteng-kleure in perdry vir Riebeeckrand se Sunica en Unicus

Hoërskool Riebeeckrand wens twee leerders alle voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Perdrykampioenskappe.

Sunica van Wyk, ‘n Graad 11-leerder, en Unicus van Wyk, ‘n Graad 8-leerder, albei van Hoërskool Riebeeckrand, is in die Gauteng A-perdryspan opgeneem.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het dié twee leerders se harde werk en deursettingsvermoë vrugte afgewerp en is hul droom bewaarheid om Gauteng-kleure te verwerf.

Sunica en haar toekennings.

“Sunica en Unicus kompeteer vanjaar in die skole-afdeling asook in die ope-afdeling. Hulle is tans op Vlak 5 van die hoërskole-afdeling. Hulle streef daarna om in die nabye toekoms op Vlak 7 te kompeteer en hul Springbokkleure te verwerf.

“Dié twee leerders neem eersdaags aan die Nasionale Kampioenskappe in Parys deel waar Unicus op Vlak 4 gaan kompeteer – die hoogste vlak in die kompetisie. Sunica gaan op Vlak 3 deelneem.”

Unicus en sy toekennings.

Sy het vertel dat albei ruiters reeds hard aan die oefen is.

Die Riebeeckrand-familie wens hulle voorspoed toe met hul deelname aan die Nasionale Kampioenskappe.”

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button