School sportSport

Rappies maak jukskeigeskiedenis

Laerskool Rapportryer het onlangs met 'n goud- en bronsmedalje teruggekeer nadat twee van hul jukskeispanne aan die jaarlikse Noordvaal- (Direkteurs-) jukskeitoernooi in Limpopo deelgeneem het.

Die o.13A-seuns- en -dogtersjukskeispanne van Laerskool Rapportyer wat onlangs aan die jaarlikse Noordvaal- (Direkteurs-) jukskeitoernooi deelgeneem het, het nie teleurgestel nie.

Rappies se dogterspan bestaan uit Danika Viviers (kaptein), Twané Oosthuizen, Joamarie van der Westhuizen, Leanie Benecke en Deandra Viviers. Hulle het brons gewen terwyl die seunspan wat uit Schalk Brits (kaptein), Wynand du Plessis, Henco de Lange, Heinrich du Plessis en Gert Brits bestaan, die gouemedalje ingepalm het.

Wynand is ook as een van die dag se o.13-uitblinkers aangewys.

Die seunspan wat goud ingepalm het. Van links is Gert Brits, Henco de Lange, Schalk Brits, Wynand du Plessis en Heinrich du Plessis. Foto ingestuur.

Tydens die toernooi sê al die verskillende provinsies se skoleligawenners mekaar die stryd aan sodat die algehele wenners bepaal kan word. Beide Rappies se o.13A-spanne het hierdie jaar deurgedring na die toernooi.

Die Wes-Rand is tydens die toernooi aangewys as die Jukskeiprovinsie van die Jaar.

Wat hierdie prestasie nog meer indrukwekkend maak, is dat dit die eerste keer in 63 jaar is dat een van Laerskool Rapportryer se spanne hierdie toernooi gewen het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button