School sportSport

Twee van Ram is onder SA se topskuts

Gedurende die onlangse skoolvakansie het Laerskool Randfontein aan die NASP Nasionale Boogskietkampioenskappe by Cambridge College in eMalahleni in Mpumalanga deelgeneem en presteer.

Laerskool Randfontein se boogskietspan het tydens die September-skoolvakansie aan die NASP Nasionale Boogskietkampioenskappe deelgeneem en nie teleurgestel nie.

Deanay Esterhuizen is as die tweede beste Graad 7-skut en Leanné Louw as die derde beste Graad 4-skut in die land aangewys.

Leanné Louw en Deanay Esterhuizen.
Foto: Annie Nolan.

Die kampioenskappe is by Cambridge College in eMalahleni in Mpumalanga gehou.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder was dit die eerste jaar dat RAM aan die sportsoort deelgeneem het.

“Altesaam 888 skuts van reg oor Suid-Afrika het deelgeneem. Ons is trots op hierdie dogters.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button