Local sportSport

Talle trofeë vir Mile High in Ellisras

Talle trofeë is verower deur lede van die Mile High Kickboxing and Shidokan Club tydens 'n Cage Rage 8-toernooi in Ellisras op Saterdag, 30 November.

Die Mile High Kickboxing and Shidokan Club het onlangs gewys waartoe hulle in staat is tydens ‘n Cage Rage 8-toernooi in Ellisras.

Die studente het talle trofeë verower.

Agter is Donovan Kraft, Alan Carfford en Shihan Henk Pelser met Fransie Viljoen, Nicolaas Vermaak en Adel Hurn in die middel. Voor is Lorenzo Paoli en Juvan Bester.

Volgens Shihan Henk Pelser is die uitslae as volg:

• Fransie Viljoen – tweede plek

• Lorenzo Paoli – eerste plek

• Donavan Kraft – eerste plek

• Nicolaas Vermaak – wen die Shidokan SA Titel

• Alan Crafford – eerste plek

• Adel Hurn – tweede plek

• Juvan Bester – verloor sy rondte

• Lana Coetzer – tweede plek

• Noulan Buch – tweede plek

• Humphery Mamedlie – tweede plek

• Khoebelo Khumalo – eerste plek

• Gerhardus Combrinck – eerste plek

“Baie geluk aan al die studente wat so wonderlik presteer het,” het Shihan Henk gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button