Teine vereer hul spelers by prysuitdeling
Die Randfontein Rugbyklub het by hul jaarlikse prysuitdeling erkenning gegee aan hul spelers wat die beste presteer het.

Op Vrydag, 6 Desember het die Randfontein Rugbyklub hulle beste spelers van die jaar bedank vir hulle wonderlike prestasie gedurende die 2019-rugbyseisoen.
Talle Teine se metgeselle het hulle tydens die glansaand ondersteun. Nadat die toekennings oorhandig is, is lekker musiek gespeel en almal kon die aand se prestasies vier.

Die uitslae was soos volg:
Sportmangees van die jaar:
Junior – Brandon Viviers
Senior – Manny Rodrigues
Mees verdienstelike lid: Corne Hulme
Persoon wat meeste inisiatief gehad het: Johan Cronjé
Beste spelers – Eerstespan:
Voor — Herman van Eck
Agter — Rudy Marx
Tweedespan:
Voor — Craig Grenfell
Agter — Ian van Wyk
Derdespan:
Voor — Dawie Mulder
Agter — Theo Calitz
o.21:
Voor — Gideon Nagel
Agter — Jannie Schultz
o.19:
Voor – Sean Rabe
Agter – Devin Tucker
Beste vordering:
Junior – Hendrik Lensley
Senior – Quinton Janse van Rensburg
Spesiale toekenning senior burger: Henry Combrink
Afrigters van die jaar:
Junior – Ockert Esterhuizen
Senior – Hennie van Eck
Beste spanbestuurder: Jan Kleyn
Span wat die beste presteer het: Derdespan
Mees verdienstelike span: Eerstespan
Grootste droogmakers:
1. Barries Meintjies
2. Johan Swart
3. Andrew Todd
4. Steff Calitz
5. Jason Bushell
6. Francois van den Berg
Sportman van die Jaar:
Junior – Janko Botha
Senior – Bennie Beyleveld
Spelers se speler van 2019: Bennie Beyleveld
GLRU-amateurspan: Bennie Beyleveld
Erekleure:
Manny Rodrigues
Jacques Rautenbach
Henry Combrink




