School sportSport
Talent en tonne gees by Jannas-interhuis
Hoërskool Jan Viljoen het op 17 Januarie hul jaarlikse interhuis gehou.
Hoërskool Jan Viljoen het die atletiekseisoen met hul jaarlikse interhuis afgeskop.
Talle atlete het hul staal in verskeie items gewys en volgens Tammy Smith, skoolwoordvoerder, was dit ‘n baie opwindende dag.

Foto: Anita Nel.
“Ons is baie bly om die atletiekseisoen op so ‘n hoë noot te kon begin. Daar was ook tonne gees,” het Tammy gesê.

Foto: Anita Nel.
Die uitslae van die interhuis is soos volg:
• Junior victor ludorum – Divan Allers
• Junior victrix ludorum – Anuscha Combrinck
• Senior victor ludorum – Junior Kwinda
• Senior victrix ludorum – Zurica van Heerden

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



