School sportSport

Riebeeckrand spog met drie in Jomo-netbalspan

'Die Riebeeckrand-familie hou vir hulle styf duim vas' – skool.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs nuwe hoogtes in netbal bereik.

Nege Riebeeckrand-netbaldogters is in die D2-netbalspan opgeneem en drie van hulle is nou lede van die Jomo-span.

Die dogters wat in die D2-netbalspan opgeneem is, is Orefile Mpadisang (o.14), Amokelang Mosidi (o.14), Onthatile Modise (o.14), Ntombi Madlazi (o.15), Jannike Fourie (o.16), Kaela Smuts (o.16), Nonhlanhla Phephu (o.16), Devonique Breedt (o.17) en Elisma Pio (o.18).

Amokelang, Jannike en Devonique gaan gevolglik op 27 April aan die Gauteng-proewe deelneem.

“Die Riebeeckrand-familie hou vir hulle styf duim vas en weet dit sal goed gaan met die proewe,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button