Local sportSport

Gholfdag vir ‘n goeie doel

Vanjaar is #girlstuff die organisasie wat die Randfontein en Krugersdorp Pageants gekies het om te help.

Randfontein en Krugersdorp Pageants het op Vrydag, 2 Oktober hul jaarlikse gholfdag in Krugersdorp gehou.

Volgens Janine Ferreira, direkteur van Randfontein en Krugersdorp Pageants word daar jaarliks ‘n gholfdag gehou met die naam ‘Beauty on the Greens’ wat ‘n fondsinsameling is vir ‘n liefdadigheidsorganisasie.

Tommie Miller, Eben Gonsalves en Tiaan du Plooy. Foto: Michelle Roodt.

Sy het vertel dat daar elke jaar ‘n ander organisasie gekies word om te help.

“Vanjaar het ons #girlstuff gekies, ‘n organisasie wat oral aan die Wes-Rand bedrywig is, omdat ons deur die inperkingstyd besef het watter groot nood daar is.

Ons wil meisies help om byvoorbeeld ‘n nuwe paar skoene te koop vir ‘n werksonderhoud. Ons gee ook grimering vir die meisies wat dit dalk nie kan bekostig nie,” het Janine verduidelik.

Janine Ferreira en Adele Wotherspoon, direkteure van Randfontein en Krugersdorp Pageants. Foto: Michelle Roodt.

‘n Splinternuwe Toyota Starlet 1.4 Xi MT, geborg deur Monument Toyota Randfontein, kon ook gewen word as ‘n speler by die sesde putjie ‘n kolhou sou slaan. Ongelukkig het niemand die motor gewen nie.

“Dit was ‘n lekker inisiatief om die gholfdag meer opwindend te maak,” het Janine afgesluit.

Tiaan du Plessis en Annelie Davis van Monument Toyota Randfontein wat die kar geborg het. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button