Ram-netbaldogters beïndruk reeds
Agt netbaldogters van Laerskool Randfontein is onlangs in die Randfontein/ Westonaria-span opgeneem.
Sportoefeninge is weer volstroom aan die gang by Laerskool Randfontein en hulle spog reeds met agt dogters wat in netbal uitblink.
Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het vertel dat hul netbaldogters baie gretig is om weer wedstryde te kan speel. Daar is reeds netbalproewe gehou en agt van hul netbaldogters is in die Randfontein/ Westonaria-span opgeneem.

Baie geluk aan die volgende dogters wat in die Randfontein/ Westonaria-span opgeneem is:
Onder 12:
• Mia Jager
• Emma Seemela
Onder 13:
• Coraldi Beckmann
• Bubu Kubeka
• Minette Lombaard
• Janelle Murray
• Mecaila Otto
• Bronwyn Surral
Baie geluk aan Bubu Kubeka wat die D2 se o.13-span gehaal het.
“Ons as ‘n skool is baie trots op die dogters en weet dat hulle nog uitstekend in netbal gaan vaar,” het Annie gesê.



