Local sportSport

RAM-onnie ‘n Top 10 Goue Leeus-skeidsregter

Laerskool Randfontein-onnie Rikus Kruger, ook 'n atletiekorganiseerder, is een van die Goue Leeus se Top 10-skeidsregters.

Atletiekorganiseerder en natuurwetenskappe-onderwyser van Laerskool Randfontein, Rikus Kruger, is deesdae ook ‘n gekwalifiseerde Goue Leeus-skeidsregter. Hy word boonop as een van die Top 10 beskou.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat dit nie maklik is om vir hierdie groot eer te kwalifiseer nie.

Rikus was reeds een van rugbyskeidsregters op die A-paneel en hy is daar geïdentifiseer. Hy het toe ‘n rugbyreëleksamen geskryf waarvoor hy 97% behaal het.”

Hy moes ook die uitmergelende Beep-toets doen waarvoor sy uitslag 11.6 was, wat net wys dat hy topfiks is. Sy toetsuitslae saam met die fiksheidstoets het hom laat kwalifiseer as ‘n Top 10-skeidsregter vir die Goue Leeus.

Die topskeidsregters in Gauteng het in Maart by die Konka-spanbou- en -avontuuroord die jaar se rugby bespreek en beplan. Daar is ook verskeie lesings en praktiese sessies deur Lourens van der Merwe aangebied.

“Dit was ‘n ongelooflike leerskool. Ek het waardevolle kennis opgedoen wat ek in my skeidsregtersloopbaan gaan toepas,” het Rikus vertel.

Hy kan nou as skeidsregter by groot wedstryde optree, wat rugbyfeeste en die Cravenweek insluit.

Laerskool Randfontein se onderwysers en personeel is besonder trots op Rikus se pragtige prestasie en ons kan nie wag om hom eendag op televisie as skeidsregter te sien nie,” het Annie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button