Local sportSport

Atletiek vloei dik deur twee broers se are

Albei presteer puik op die atletiekbaan.

Atletiek vloei dik deur twee plaaslike broers se are en albei blink uit wanneer die skoot afgaan op die baan.

Lewellyn Harmse, 15, is ‘n Graad 10-leerder by Hoërskool Monument wat uitblink in hekkies. Sy broer Luhandrè Harmse, 12, is ‘n Graad 6-leerder by Laerskool Randfontein wat baie goed presteer in atletiek, rugby, landloop en krieket.

Volgens Lewellyn laat die sport hom vry voel sonder enige spanning. Hy neem al sedert hy agt is aan atletiek deel.

Soms as ek langs die baan sit is my maag op ‘n knop getrek maar sodra ek in die blokke sak dink ek net ek kan,” het hy vertel.

Sommige van Lewellyn se prestasies

• In 2017 het hy aan die Skole SA’s en die Klub SA’s deelgeneem

• In 2022 het hy aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem

• In 2022 by die Klub SA’s het hy algeheel negende geëindig, en was derde in die semifinaal van die 400m hekkies

Lewellyn Harmse in aksie. Foto: Michelle Roodt.

Hy is ook gekies om by die SA’s deel te neem aan die o.18 vier maal 400m aflos vir Sentraal-Gauteng.

Luhandrè het vertel dat atletiek vir hom lekker is.

Hy neem aan die 100m en 150m naellope deel, asook aan die 75m en 150m hekkies.

Sommige van Luhandrè se prestasies

• In 2022 het hy derde in die semifinaal van die 150m by die Gauteng Kampioenskappe geëindig
• As o.11 was hy een van ses atlete wat SA gekwalifiserende tye in die 1 200m behaal het
• Hy het derde geëindig in die 80m vir klubatletiek

Luhandrè Harmse in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button