School sportSport

Riebeeckrand eindig algeheel vyfde in PUK-reeks

Daar het 15 skole in Potchefstroom meegeding, en Hoërskool Riebeeckrand is baie trots daarop dat hulle vyfde geëindig het.

Hoërskool Riebeeckrand het uitgeblink tydens vanjaar se finaal van die PUK-reeks wat van Vrydag, 22 tot Saterdag, 23 April aangebied is.

Riebeeckrand het op verskeie vlakke presteer, soos in rugby, hokkie, netbal asook skaak.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hul o.16-rugbyspan aangewys is as die wenners van die 0.16 PUK-reeks.

Daar het 15 skole in Potchefstroom meegeding, en Hoërskool Riebeeckrand is baie trots daarop dat hulle uit al daardie skole vyfde geëindig het in die finaal van die PUK-reeks.

Baie geluk aan Hoërskool Riebeeckrand vir hierdie uitmuntende prestasie.

Die resultate van die PUK reeks finaal. Foto ingestuur.
Devon Tromp en Stephan Earle, afrigters van die o.16-rugbyspan. Foto ingestuur.
Michael Croukamp beplan sy volgende skuif. Foto ingestuur.
Riebeeckrand se hokkieseuns in aksie. Foto ingestuur.
Die eerstenetbalspan van Hoërskool Riebeeckrand in aksie. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button