School sportSport

Riebeeckranders span die boë

Armand Martins is aangewys as die beste skut onder die hoërskoolseuns, en 'n algehele tweede plek tydens die kompetisie behaal het met 284 punte uit 300.

Tussen al die sport wat Hoërskool Riebeeckrand aanbied, is hulle ook bekend vir hul boogskiet. Hul skutte het juis weer onlangs puik presteer.

Tydens die Interskole-boogskietkompetisie wat op Saterdag, 23 April by Hoërskool Raslow plaasgevind het, het Armand Martins, ‘n Graad 8-leerder by Riebeeckrand briljant gevaar toe hy aangewys is as die beste skut onder die hoërskoolseuns, en ‘n algehele tweede plek tydens die kompetisie behaal het met 284 punte uit 300.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat Armand nie die enigste Riebeeckrand-skut was wat goed gevaar het nie. Owen van Heerden het ‘n tweede plek behaal met 261 punte, Jana Martins ‘n derde plek met 256 punte, en Mieke Oosthuizen ‘n derde plek met 254 punte.

Hoërskool Riebeeckrand het vierde geëindig in die algehele kompetisie met 2 860 punte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button