School sportSport

Rappies klop RAM in liga- en derbystryd

'Ondersteuners van albei skole het die eerstespanwedstryd in 'n goeie gees geniet en dit was ‘n ongelooflike kragmeting!'

Tydens vanjaar se jaarlikse liga- en derbystryd tussen Laerskool Rapportryer en Laerskool Randfontein op Donderdag, 12 Mei was Rappies die wenners.

Dis was vir Rappies ‘n dag vol opwinding wat reeds begin het met geesvang en videoboodskappe van gesoute rugbyspelers soos Brok Harris (Stormers), Julian Redelinghuys (voormalige Springbok- en Goue Leeus-speler), huidige Blou Bulle Zak Burger en Ruan Steenkamp, Werner Kruger (voormalige Bul), Ruan Pienaar (Cheetahs) en Alwyn Hollenbach (voormalige Goue Leeu).

“Die ondersteuning van ons Rappies-ouers, -leerders, -personeel en voormalige leerders as toeskouers om die veld het gesorg vir ‘n goeie atmosfeer,” het Rappies-skoolwoordvoerder Esme Botha vertel.

Ondersteuners van albei skole het die eerstespanwedstryd in ‘n goeie gees geniet en dit was ‘n ongelooflike kragmeting! Rugby is teen ‘n hoë tempo gespeel en albei spanne het alles gegee.”

Laerskool Rapportryer het die wedstryd uiteindelik 15–8 gewen.

“Tiaan Nel (afrigter van die Rappies-eerstespan) het sy mede-afrigters Rudi Marx en AT Kruger bedank vir hul harde werk en toewyding. Hy het bygevoeg dat die afrigters en al ons Rappies-ouers en -leerders baie trots is op al die spanne wat aan die dag deelgeneem het.”

(Agter): Rudi Marx, Tiaan Nel en AT Kruger. (Voor): Dean van Rooyen. Foto ingestuur.

Ander uitslae gedurende die dag is soos volg:

• o.9B: Laerskool Rapportryer 10–5 Laerskool Randfontein
• o.10B: Laerskool Rapportryer 32–5 Laerskool Randfontein
• o.11A: Laerskool Rapportryer 24–5 Laerskool Randfontein

Die oorwinning was soet en die trofee staan by Rappies. Die skool bedank elke ondersteuner wat daar was.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button