School sportSport

Riebeeckrand spog met puik netbalspeler

Lwandle Moreki gaan in Junie aan die proewe deelneem vir 'n plek in die SA-span.

Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op een van hul netbaldogters wat onlangs in die Gauteng-netbalspan opgeneem is wat in Junie aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat slegs 20 o.14-spelers in Gauteng gekies is vir hierdie groot geleentheid, waarvan Lwandle Moreki een is.

Agt van ons netbaldogters is in die D2-span opgeneem wat toe aan die JOMO-proewe deelgeneem het, en ses van hulle het die JOMO-span gehaal waarna hulle aan die eerste rondte van die Gauteng-proewe deelgeneem het.”

Elzeri het vertel dat slegs een van hul leerders, Lwandle Moreki, in die Gauteng-span opgeneem is en gaan van Sondag, 26 Junie tot Woensdag, 29 Junie aan die proewe deelneem vir ‘n plek in die SA-span.

Sy het verduidelik dat Riebeeckrand se netbalspelers nog altyd uitstekend presteer het.

Die skool se spanne het ook onder die top tien uit die 16 skole geëindig wat aan die PUK-reeks deelgeneem het:

• o.14: Vyfde
• o.15: Negende
• o.16: Vyfde
• Tweede span: Tiende
• Eerste span: Vyfde

Riebeeckrand is baie trots op al hul netbaldogters en wens Lwandle sterkte vir die SA-proewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button