School sportSport

Riebeeckrand maak rugbygeskiedenis!

Dit is die eerste keer in Hoërskool Riebeeckrand se geskiedenis dat drie spanne deurdring na die Goue Leeus-finaal.

Hoërskool Riebeeckrand se rugbytoekoms lyk blink en die skool spog graag vanjaar met al drie hul juniorrugbyspanne wat na die Goue Leeus-finaal deurgedring het.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Wright is dit die eerste keer in die skool se geskiedenis dat drie spanne deurdring na die finaal.

Sy het vertel dat die juniorspanne op Saterdag, 4 Junie vir Hoërskool Bastion in tuiswedstryde geklop het. Die o.14’s en o.16’s het gevolglik direk deurgedring na die finaal, en die o.15’s na die semifinaal.

Die uitslae was soos volg:

• o.14: Riebeeckrand 5–0 Bastion
• o.15: Riebeeckrand 27–10 Bastion
• o.16: Riebeeckrand 33–7 Bastion

Hoërskool Riebeeckrand se o.15-rugbyspan wat aan die halfeindstryd teen Bastion deelgeneem het. Foto ingestuur.

Op Saterdag, 11 Junie het Riebeeckrand se o.15’s weer teen Bastion gespeel, dié keer by Hoërskool Bastion, en die wedstryd met ‘n puik telling van 32–7 gewen en ook deurgedring na die finaal.

Ons rugbyseuns oefen hard, gee hul beste in elke wedstryd, en pluk nou die vrugte daarvan. Ons wens ons drie spanne alle sterkte toe met die finaal wat na die Junie-skoolvakansie gaan plaasvind,” het Elzeri vertel.

Die skool bedank ook graag hul eerste- en tweederugbyspanne wat vanjaar hul harte uitgespeel het, asook elke ondersteuner wat die skool se sportspanne kom ondersteun het.

Hoërskool Riebeeckrand se o.15-rugbyspan wat aan die halfeindstryd teen Bastion deelgeneem het. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button